Welkom by Aatop ICT!

Gesoek: Sagteware-ontwikkelaars van Suid-Afrika wat hul in Nederland wil vestig!

Fully operational historic Dutch Windmills along the Zaan River at the village of Zaanse Schans in the NetherlandsIs jy ’n ervare sagteware-ontwikkelaar en stel jy belang om in Nederland te werk? Lees dan verder.

Ons (Aatop ICT) is op soek na sagteware-ontwikkelaars wat spesialiseer in Java, .NET of PHP. Indien jy by ons kom werk, help ons jou om die nodige papierwerk af te handel, ’n woning te vind en die Nederlandse taal aan te leer.

Aatop ICT is ’n Nederlandse data-agentskap wat ons sagteware-ontwikkelingsplan wil uitbrei. Daarom dan hierdie uitnodiging aan jou!

’n Loopbaan in Nederland het verskeie voordele:

  • Daar is baie sagteware-ontwikkelingsprojekte
  • Daar word baie belê in die nuutste tegnieke
  • Nederland is op beide politiese en ekonomiese gebied, ’n stabiele land
  • Nederland is ’n redelike klein land en het dus die voordeel dat alles maklik bereikbaar is
  • Goeie opleidings- en kursusmoontlikhede
  • ’n Aangename klimaat!

Hoe om te werk te gaan:

Stap 1:
E-pos jou CV na t.denhertog@aatop.nl.

Stap 2:
Ons kontak jou om ’n video-konferensie met jou te hou.

Stap 3:
’n Persoonlike gesprek met jou (in Suid-Afrika).

Stap 4:
Ons bied jou ’n werkskontrak aan en jy sluit aan in ons diens.

Stap 5:
Begin met die proses om na Nederland te verhuis (ons sal jou ook hiermee help).